Google Classroom
GeoGebraGeoGebra Classroom

Argument 1: Die loodregte afstand tussen twee ewewydige lyne is altyd dieselfde

Dit is seker geen verassing dat ons argumente vir eweredigheid begin by ewewydige lyne. Hoekom is dit so? Wel kom ons kyk na ons eerste argument: Die loodregte afstand tussen twee ewewydige lyne is altyd dieselfde ongeag waar dit is. In die skets hieronder is EF die loodregte afstand tussen lyne AB en CD wat ewewydig is. As jy punt E trek kan jy kyk of die loodregte afstand altyd dieselfde is.