Definisies

Verhouding: 'n Verhouding beskryf die verwantskap tussen twee hoeveelhede met dieselfde eenhede. Ons kan verhoudings gebruik om massas, hoogtes, lengtes, geldeenhede ens. te vergelyk. 'n verhouding is dus 'n verwantskap tussen twee hoeveelhede van dieselfde soort en dit het geen eenheid nie. Eweredigheid: As twee of meer verhoudings gelyk is aanmekaar, dan se ons dat dit eweredige verhoudings is. Eweredigheid beskryf die gelykheid van verhoudings. In hierdie opsig hou dit verband met ekwivalente breuke. (Breuke met dieselfde waardes maar wat verskillend lyk:  )