Opdrag 1

Veronderstel jy is ’n bombardier by die kanon by punt J. Dievyand se tenk is versteek agter ’n berg by punt E en ’n “Spotter” lê op hoogte G waar hy die tenk en vir jou kan sien. Die “Spotter laat jou weet dat die peiling vanaf punt G na punt E is 274.05° en skat die afstand as 6.797 km. Hy lig jou in dat die peiling vanaf punt G na punt J is 101.779° en skat die afstand as 9.112 km. Jy bepaal dat die peiling vanaf punt J na punt G is 281.779° en skat ook die afstand as 9.112km. Jy moet nou die kanon instel om gevuur te word. Om dit tedoen, moet jy die korrelpeiling (peiling vanaf punt J na punt E) en die korrelafstand (afstand tussen punt J en E) bereken. As jy dit bepaal het, kan jy dit gerus kom toets op die bord.